عدسة مكبرة
بحث محمل

Deon Meyer 
7 Dae 

الدعم
Ek sal elke dag ʼn poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPD. En dan begin hy. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade, net ʼn reeks naakfoto’s, ʼn uiters ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeerkonsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas daarvan weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou.
Sewe dae van hel.
€15.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Deon Meyer, ʼn oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in elf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013 en Ikarus, 2015). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 512 ● ISBN 9780798156226 ● حجم الملف 0.7 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2016 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4743030 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

699٬325 كتب إلكترونية في هذه الفئة