عدسة مكبرة
بحث محمل

Kristel Loots 
Kristel Loots Omnibus 1 

الدعم
Adobe DRM
غلاف Kristel Loots: Kristel Loots Omnibus 1 (ePUB)
Dokter van harte se Jenna Joubert wil nie deur dokter Luca de Wet ondersoek word nie. Sy weet wat skort: haar hart is bloot gebreek. En sy weet hoe graag hartchirurge teater toe draf, of dit nou die beste ding is of nie. Dis net . . . Luca de Wet maak allerlei fantasieë in haar wakker, en hy duik boonop oral op.

In Engel van my hart moet brildraende Breggie Bruwer vir die beroemde oftalmoloog dokter Graham Condor gaan werk, in Londen. In sý oë veral wil sy mooi wees, maar ai, sy weet hoe onsinnig haar verliefdheid is: dokter Condor weet nie van haar verskroeide vlerke nie en het die wêreld se mooistes aan sy voete.

In Voorskrif vir die hart kan dokter Zoely du Toit nie wag om op Arendsnes aan die Weskus te gaan locum nie. Op die platteland sal niemand die waarheid oor haar verlede kan uitsnuffel nie, hoop sy. Maar sy sukkel om ’n lae profiel te handhaaf toe sy die dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo se werkkring én huis moet deel . . .
€12.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Kristel Loots het heerlike sorgvrye stofstraat-kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Dis hier waar haar verwondering met die mensdom begin het en sy het toe stories daaroor begin skryf. Sy skryf reeds jare lank tydskrifverhale en het verskeie romanses en romans, insluitend die baie gewilde chick-lit-titels ’n Hap van die appel, Troukoek maak nie vet nie en ’n Lipstiek-lewe, op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 512 ● ISBN 9780624063773 ● حجم الملف 0.8 MB ● الناشر Tafelberg ● نشرت 2013 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4534371 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

697٬873 كتب إلكترونية في هذه الفئة