عدسة مكبرة
بحث محمل

Sarah Du Pisanie 
Sarah du Pisanie Omnibus 8 

الدعم
’n Juffrou vir Skurwekop
Met ’n ysterhand regeer Bertus Kruger oor sy klein koninkryk – Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand – en inspireer hulle onwetend om ’n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep.

Hard soos kameeldoringhout
Wat vrees sy die meeste? Dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Martie Schlage trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa uitkom.
“Braam is wild, so hard soos kameeldoringhout. Wanneer hy die dag besef jy is ’n vrou, wil ek nog sien hoe gedra hy hom soos ’n heer!” het Pieter van Bergen gewaarsku. Maar waarheen kan Martie vlug? En wil sy vlug?

Sandroos uit Meob
As Ansa maar net nooit haar vrouwees in ’n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie ’n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing uitkom?
Louw Greyling het net een doelwit – vergelding en om Braam Venter en sy diamante te kry. Suster Ansa is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook ’n roete na sy hart is . . .
€12.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Sarah du Pisanie het al meer as dertig liefdesverhale gepubliseer, en skryf steeds nuwes. Sy woon op Olifantshoek.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 507 ● ISBN 9780624065746 ● حجم الملف 0.5 MB ● الناشر Queillerie ● نشرت 2013 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 5203989 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

257٬870 كتب إلكترونية في هذه الفئة

لا نتائج