Albert Blake 
Wit terroriste 
Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare

Support
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Wit terroriste bied ’n fassinerende blik op ’n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.
€13.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010), wat ook in ’n rolprent, Verraaiers, omskep is. Hy ontvang in 2014 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer (2012). Blake het ook dié boeke agter sy naam: Moord en Roof: In die kop van ’n baasspeurder (2013), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en Broedertwis: Christiaan en Piet de Wet (2016). Wit terroriste is sy sesde boek. Hy is in Johannesburg gebore en matrikuleer aan Grey-kollege in Bloemfontein, waarna hy militêre opleiding in die Valskermbataljon ondergaan. Blake het twee meestersgrade in geskiedenis aan die destydse RAU verwerf (albei cum laude). Tussendeur sy skryfwerk is hy ’n praktiserende prokureur in Johannesburg.
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 304 ● ISBN 9780624081593 ● Dateigröße 3.4 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2018 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 6606655 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

110.978 Ebooks in dieser Kategorie