Lupe
Suche

D.J. Opperman 
Periandros van Korinthe 

Support
Die drama handel oor die lewe van die Griekse digter-staatsman Periandros (627-585 v.C.), die alleenheeser van Korinthe, wat sy groot droom probeer verwesenlik: om Korinthe ’n wêreldstad te maak.
€9.49
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Diederik Johannes (D.J.) Opperman is op 29 September 1914 op ’n plaas naby Dundee in Kwa Zulu-Natal gebore. Hy gaan skool op Estcourt en Vryheid. Hy verwerf ’n MA-graad in 1935 aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg en sy doktorsgraad in 1953 aan die Universiteit van Kaapstad. Hy gee skool in Pietermaritzburg en Johannesburg en is van 1946 tot 1948 ’n joernalis by Die Huisgenoot in Kaapstad, en gee vir 10 jaar klas aan die Universiteit van Kaapstad. D.J. Opperman is van 1960 tot 1979 ’n professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. In dié tyd is hy in beheer van die beroemde Letterkundige Laboratorium. D.J. Opperman het in 1981 ’n beroerte gehad en sterf op 22 September 1985 op Stellenbosch. D.J. Opperman, een van die bekendste Afrikaanse digters, se debuut-digbundel, Heilige beeste, verskyn in 1945 en word in 1947 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Hy ontvang daarna nog drie keer die Hertzogprys: Periandros van Korinthe (vir drama, 1956), Voëlvry (vir drama, 1969) en Komas uit ’n bamboesstok (vir poësie, 1980). Hy ontvang ook die CNA-, WA Hofmeyr- en Louis Luyt-pryse vir Komas uit ’n bamboesstok. Opperman was ook bekend as samesteller van bloemlesings en die bekendste voorbeelde hiervan is Groot Verseboek (die eerste een het in 1956 verskyn) en Kleuterverseboek. In 2000 verskyn die bundel Sonklong oor Afrika waaraan hy ten tyde van sy dood gewerk het
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 105 ● ISBN 9780624078128 ● Dateigröße 0.2 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2016 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 5284289 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

20.095 Ebooks in dieser Kategorie