Schalk Bezuidenhout 
Truitjie roer my nie 
Oor Kempton en ander k-woorde

Support
Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar o waar in die wêreld is die Pomona Spur – en hoekom sal jy nooit jou vyfjarige se verjaardagpartytjie daar wil hou nie? Sedert hy enkele jare gelede die SA komediewêreld betree het, het Schalk blitsig ’n ikoniese figuur geraak. Hy’t al vir Trevor Noah geopen, hy was die skattige Danny in die kyk NET-reeks Hotel, die uiters gewilde aanbieder van Die Kliek op VIA, en in 2018 sal die volk hom geniet in Die Ware Naarheid, ’n satiriese nuusprogram in spitstyd op kyk NET. Sy volgelinge op Facebook en Instagram trek ver verby 30 000, en sy kop staan oorsee se kant toe. In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n dronk gehoor hom inwag.
€11.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (kyk NET Elders: Die Camino en Via Weg! Agterpaaie) en veelbekroonde joernalis. Hy het voorheen by Weg, Lit Net, Insig en Huisgenoot gewerk. Hy is oorspronklik van Port Elizabeth en woon in Kaapstad. Sy 2016-reisboek Elders, oor sy Camino-staptog, was ’n groot treffer.
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 224 ● ISBN 9780795801785 ● Dateigröße 1.4 MB ● Verlag Queillerie ● Erscheinungsjahr 2018 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 6285603 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

45.999 Ebooks in dieser Kategorie