Lupa
Cargador

Elsa Winckler 
In sterre geskryf 

Soporte
Niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie …Tessa Steyn is mal oor Kersfees. Soos in gaan-voluit mal: die musiek, die boom, die engeltjies, die kerse, die ligte, die klokkies, álles. Na ’n kort kuier in Johannesburg, vlieg sy George toe, die naaste lughawe aan Buffelsbaai waar haar mense elke jaar Kersfees hou. Aan die grompot langs haar in die vliegtuig, gaan sy haar nie steur nie. Gelukkig gaan sy hom nooit weer sien nie.Veearts Sias Reynecke haat Kersfees. Hy is net op die vliegtuig omdat sy suster ’n huis vir hulle twee vir Kersfees op Buffelsbaai gehuur het. Dis nou as hy daar aankom sonder om iets aan die irriterende beeldskoon vroumens wat langs hom in die vliegtuig beland het, te doen. Hopelik sien hy haar nooit weer nie.Maar soos Tessa se ouma, Liesbet, verduidelik: Sommige dinge is reeds lank terug in die sterre geskryf en niemand het weerstand teen die liefde wanneer Kersfeesklokke lui nie.
€4.50
Métodos de pago
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 208 ● ISBN 9781776354917 ● Editorial LAPA Publishers ● Publicado 2021 ● Descargable 3 veces ● Divisa EUR ● ID 8213829 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

257.870 Ebooks en esta categoría

No hay resultados