Lupa
Cargador

Marzanne Leroux-Van der Boon 
Israel-reeks 8: Tikkun Ha’olam 
Herstel die wêreld

Soporte
Twee maande nadat Rivkah na die Filippyne vertrek het, word sy deur die hospitaal ontslaan. Die Krige-huishouding het skaars weer na normaal teruggekeer toe drie Israeli-tieners ontvoer word en ‘n paar regses meen Jode het ook die reg om wraak te neem. Dan wanneer die Tzuk Eitan-grondoffensief afgekondig word, word Marc saam met 40 000 ander reserviste na die Gasa-grens gestuur. Ná ‘n baie moeilike jaar sien beide Rivkah en Marc uiteindelik uit na hul “geskenkweek” in Parys, waarheen Marc vir ‘n simposium genooi word. Maar selfs in hierdie betowerende stad, met sy kunstenaars en keisteenstrate, kan Marc en Rivkah nie van die terreuraanvalle ontsnap nie en kort voor lank is hulle in lewensgevaar…
€10.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Marzanne Leroux-Van der Boon is ‘n bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. In die 1970’s begin sy kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte, soos Sarie, Landbouweekblad en Huisgenoot, skryf. In 1974 word vier van haar vervolgverhale (Voor dit lig word, Elizabeth se kind, Seisoen op ‘n verlate strand en Die weerloses) gepubliseer. Marzanne begin om ook jeugverhale te skryf soos Somernagdroom (1980), wat al meer as 18 keer herdruk is, en Die wag vir die somer (1981). Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ‘n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op agt gewilde romans wat in daardie land afspeel. Marzanne toer steeds een keer per jaar, in samewerking met die tydskrif Lééf, Israel toe. Met haar in-diepte kennis, skryf sy die Joodse wêreld vir haar lesers oop.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 335 ● ISBN 9780796318664 ● Tamaño de archivo 1.7 MB ● Editorial Lux Verbi ● Publicado 2015 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4738017 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

699.325 Ebooks en esta categoría