Owen Jones & Trevor Aindow 
Asiatiese Kortverhale 
Kortverhale Met Of Rondom Asiatiese Mense Of Plekke

Soporte

Asiatiese Kort Verhale deur Verskeie Outeurs

Asiatiese Kort Verhale, deur nege outeurs, het elk ‘n Asiaat of speel af in Asië as hoof agtergrond.

Asiatiese Kort Verhale het gebeur as gevolg van ‘n reeks gebeure een naweek in Mei 2015. ‘n Vriend het my vertel dat hy verskeie kort stories met Asië as agtergrond het, ek het genoem dat ek ook ‘n paar stories het, nog ‘n vriend het my ‘n epos gestuur dat hy ‘n kort verhaal oor Pattaya wil skryf, en een van my Thai niggies het vir my haar nuutste foto gestuur, die een op die voorblad van die bundel.
Dit was asof iemand iets vir my probeer vertel het, of ‘n klomp het in elk geval.
Die negentien stories deur nege outeurs in hierdie bundel was almal in een maand na my gestuur, maar verskil net soveel soos hulle outeurs. Die stipulasie was dat Asië of ‘n Asiaat moes sterk na vore kom in die storie. Ons het stories met Kambodja, Sjina, Laos, Maleisië, Pakistan, Thailand, die VSA en Vietnam.
Sommige van hierdie outeurs is wel bekende skrywers, sommiges beter bekend in ander sfere, sommiges het al voorheen heelwat geskryf en is gepubliseer in die tradisionele sin, ander reis die Indiese Publisering pad en vir nog ander is dit die heel eerste keer wat jy hul stories sien in enige druk vorm.
Jy kan meer lees oor elkeen van die outeurs op die verskeie webwerwe wat gegee word na elke storie. Ek beveel aan dat u die webwerwe besoek want wat jy meer kan uitvind oor die outeurs sal jou dalk verras, dit waarborg ek jou.
Laastens, my dank gaan uit aan al die outeurs wat hierdie boek moontlik gemaak het, ons hoop jy geniet dit en gee elke skrywer jou terugvoer oor hulle stories of skryf aan my by die publiseerder oor die boek as geheel.

€3.99
Métodos de pago
¡Compre este libro electrónico y obtenga 1 más GRATIS!
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 199 ● ISBN 9788835466956 ● Tamaño de archivo 0.3 MB ● Traductor Marlette Taljaard ● Editorial Tektime ● Publicado 2024 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 9475482 ● Protección de copia sin

Más ebooks del mismo autor / Editor

10.159 Ebooks en esta categoría