Lupa
Cargador

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek 

Soporte
’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 4-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.
Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer.
Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei.
Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder.
Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste.
Toeligting by moeiliker tekste.
Woordverklarings vir komplekse woorde.
Die stappe van die leesproses.
€5.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf jeugromans en dramas. Hy is ook ‘n illustreerder en skilder graag. Hy het bekende romans soos Breinbliksem, Leeus met letsels en Onderwêreld geskryf. Verskeie van Fanie se radiodramas is al suksesvol uitgesaai.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● ISBN 9781776071708 ● Tamaño de archivo 5.2 MB ● Edad 17-12 años ● Editorial Best Books ● Publicado 2017 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 5219278 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

55.420 Ebooks en esta categoría