Loupe
Search Loader

André P. Brink 
‘n Droë wit seisoen 

Support
’n Politieke roman oor die dood van ’n swart man in aanhouding in die sewentigerjare. As roman (aanvanklik verbied), en later as film, het ’n Droë wit seisoen’n baken in die Suid-Afrikaanse literatuur geword.In die middel staan Ben du Toit, “’n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens”. Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en dié se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie ’n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit ’n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde.Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. – inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het – aan ’n ou universiteitsvriend, ’n skrywer wat dit alles kan dokumenteer … Sodat niemand hierna ooit durf sê: “Ek het nie geweet nie.”
€14.99
méthodes de payement
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 260 ● ISBN 9780798158633 ● Taille du fichier 0.6 MB ● Maison d’édition Human & Rousseau ● Publié 2005 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 4743114 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

699 325 Ebooks dans cette catégorie