Loupe
Search Loader

Kristel Loots 
Liewe Lisa 

Support
Lisa is ʼn liewe mens, ʼn ware engel. Om altyd gaaf en goed te wees, vát aan ʼn mens. Veral sedert haar pa uit hul lewens is en die sedige oom Johan se kerkskoene soms onder haar ma se bed staan. Lisa hang haar engelvlerke op toe sy vir Darius Skietekat, oom Johan se seun, ontmoet. Oor een ding stem Lisa en Darius saam – hul ouers hoort nie bymekaar nie. In Lisa se ma se huis is daar baie vertrekke, maar nie genoeg om die Bothas en die Skietekatte uit mekaar se hare te hou nie. Al wat Lisa vra, is om uitgelos te word. Dis háár lewe, háár ape, háár sirkus, en Darius Skietekat hoef nie daarmee saam te stem nie. Dit sluit haar verhouding met Henco in. As Lisa net die spoke van die verlede kan agterlaat en antwoorde kan kry oor wat werklik daardie noodlottige aand op die see gebeur het. Darius wil haar help, maar is dit ʼn goeie idee? Om uit te vind jy het jou lewe lank met ʼn leuen geleef en dan te vergewe, is soms te veel gevra. Net liefde kan jou dan red.
€4.54
méthodes de payement
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 208 ● ISBN 9781776352784 ● Maison d’édition LAPA Publishers ● Publié 2022 ● Téléchargeable 3 fois ● Devise EUR ● ID 8369116 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

4 410 784 Ebooks dans cette catégorie