Kaca pembesar
Cari Loader

Albert Blake 
Ontsnap! 
Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid

Dukung
Onstuitbaar en vreesloos. Só was die Boerekrygers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog uit krygsgevangekampe probeer ontsnap het. Niks sou hulle keer om weer vry te wees nie: nie ‘n moontlike skietdood, ‘n oseaan vol haaie, die gevaar om van ‘n bewegende trein af te spring of ‘n tonnel wat op hulle kon inval nie. In hierdie boek bring Albert Blake van die mees gewaagde ontsnappingspogings deur Boerekrygsgevangenes byeen. Hulle verstom met hul vindingryke planne om die Britse owerhede te uitoorlê en weg te kom uit kampe in Suid-Afrika en Indië, maar ook op die eilande van Bermuda, St. Helena en Ceylon. Hierdie opwindende, ware verhale getuig van mannemoed en die oorwinning van die menslike gees.
€14.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper ‘Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog’ (2010) wat ook in die rolprent, ‘Verraaiers’, omskep is. Blake is ‘n prokureur van beroep, maar sy passie vir geskiedenis is só groot dat hy al twee meestersgrade daarin behaal het – al twee cum laude. Hy het al drie boeke op sy kerfstok, waaronder ‘Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer’ en ‘Moord-en-roof: In die kop van ‘n baasspeurder’. Tussen sy navorsing en besoeke aan die nasionale argief in Pretoria en die Oorlogsmuseum in Bloemfontein bedryf hy steeds ‘n prokureurspraktyk in Roodepoort.
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 417 ● ISBN 9780624069980 ● Ukuran file 6.8 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2015 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 4534860 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

45,941 Ebooks dalam kategori ini