Leonie en Stefan is beste vriende. Hulle was lank terug kortstondig in ’n verhouding, maar dit het nie uitgewerk nie. Nou is hy verloof aan haar beste vriendin, Olga. Leonie wíl bly wees vir hulle en syís … Of is sy besig om haarself te bluf?In ’n poging om van alles weg te kom, gaan woon sy ’n modeskou in Italië by. Daar hoor sy die verlowing tussen Stefan en Olga is verbreek. Wil sy werklik ’n verhouding met Stefan hê of is sy net verward? En kan sy haar gevoelens vir hom vertrou?Terwyl sy dié vrae probeer beantwoord, dra sy boonop ’n donker geheim met haar saam. En dan is daar die soen wat die vlamme van gister laat ontbrand …
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 192 ● ISBN 9781779875051 ● Penerbit LAPA Publishers ● Diterbitkan 2024 ● Diunduh 3 kali ● Mata uang EUR ● ID 9293740 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM