Kaca pembesar
Cari Loader

Jaco Jacobs & Fanie Viljoen 
Hoezit17: Die wonderwêreld van natuurrampe 

Dukung
Van tornado’s tot tsunami’s – ontdek Moeder Natuur se verwoestende kant! Wat veroorsaak ’n tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in ’n tornado? Wat gebeur binne-in ’n vulkaan? Waar kom die meeste aardbewings op aarde voor? Ontdek die verwoestende krag van die natuur met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die indrukwekkende verskynsel van natuurrampe kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate ure lank besig te hou! Ontdek hoe tornado’s, orkane, vulkane en aardbewings ontstaan, vind uit hoe wetenskaplikes hierdie natuurverskynsels bestudeer, en ontmoet die dapper reddingswerkers wat mense tydens natuurrampe bystaan. Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
€4.42
cara pembayaran
Bahasa Afrikanas ● Format PDF ● Halaman 48 ● ISBN 9780799391664 ● Penerbit LAPA Publishers ● Diterbitkan 2018 ● Diunduh 3 kali ● Mata uang EUR ● ID 8337875 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

4,410,784 Ebooks dalam kategori ini

Tidak ada hasil