Kaca pembesar
Cari Loader

Susan Pienaar 
Bloudruk vir die liefde 

Dukung
Adobe DRM
Sampul Susan Pienaar: Bloudruk vir die liefde (ePUB)
Wanneer ingenieur Salomé Delport per ongeluk hoor hoe haar nuwe baas, Malan Verster, twyfel of sy die manlike werkers op die bouperseel kan beheer, is sy vasbeslote om die vent verkeerd te bewys. Sy wat Salomé is, is net so gemaklik in ’n oorpak as in die blink rokkies wat sy by haar suster, Magdaleen, se dansskool dra. Malan moet haar nie onderskat bloot omdat sy ’n vrou is nie.
Maar dit voel asof die perfeksionistiese Malan, ’n bekroonde argitek én ingenieur, alewig op die bouperseel rondhang om oor haar skouer te loer. Of is dit om ander redes dat hy gedurig haar geselskap opsoek?
Selfs wanneer Salomé ’n ander sy van Malan sien – die een wat byna sorgvry die langpad na sy familieplaas met sy motorfiets aandurf – en dit lyk asof hy sy persepsie van haar verander het, bly Salomé lugtig vir hom, want sy wil nie bloot nóg een van sy string meisies word nie. Daarvoor het sy te veel selfrespek. Maak nie saak hoe aantreklik hy is nie . . .
€4.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

Susan is in PE gebore en het as kind oraloor Suid-Afrika gewoon. Sy het in Johannesburg gematrikuleer en het haar daarna in Bloemfontein in kantooradministrasie bekwaam. Sy en haar man, Willie, het dekades lank in Bethlehem gebly voor hulle onlangs na Boksburg verhuis het.
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● ISBN 9780624074656 ● Ukuran file 0.3 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2015 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 4624587 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

697,873 Ebooks dalam kategori ini