Lente d'ingrandimento
Search Loader

D.J. Opperman 
Versamelde poësie 

Supporto
‘As ’n mens Diederik Johannes Opperman (1914-1985) se poësie met dié van die Dertigers vergelyk, is dit opvallend dat hy van die begin af ’n veel minder belydende inslag toon en veel meer oopgestel is vir die Suid-Afrikaanse werklikheid in sy verskillende geledinge. Daarby groei sy poësie, ten spyte van hierdie aardsheid en konkreetheid, uit tot ’n stryd tussen die hemelse en aardse, tusssen die goeie en die bose en tussen orde en chaos, ’n gegewe waarmee die taak van die kunstenaar ten nouste saamhang. In vergelyking met Dertig is die poësie van Opperman veel afgekapter en kantiger en toon sy werk ’n radikale breuk met die “mooi” woord. ’n Mens sien dit in die formuleagtigheid en geslotenheid van die vers, die aanwending van die kortsluitende metafoor en die verruiming van die poëtiese woordeskat.’

J.C. Kannemeyer
€16.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Opperman het ’n sentrale plek in die Afrikaanse literêre landskap beklee: as digter, dramaturg, dosent, teoretikus, bloemleser, essayis en polemikus het hy ’n onuitwisbare invloed gehad en ’n omvangryke oeuvre nagelaat.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● ISBN 9780624075875 ● Dimensione 1.2 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4801433 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

95.032 Ebook in questa categoria