Lente d'ingrandimento
Search Loader

Helene de Kock 
Helene de Kock Omnibus 8 
Digby Grootgewaag Kronkelpad na Vergenoeg Sonder Winter

Supporto
Hierdie drietal verhale van Helene de Kock speel in die Riemland af, en is vol verrassings en romanse. Verhale wat nie gou vergeet sal word nie.Digby Grootgewaag is die verhaal van drie susters se liefdes en ook hul leed. Daar is ’n intieme verweefdheid in hulle drie se lewe. Die mooie Bettina leef geïsoleerd op hul plaas in die Riemland, die beeldskone weduwee, Zia, is ’n stralerjakker, en die jongste, die fraai Carola, is bitter jonk. Hierdie is ’n verhaal van diep, intense liefde, van offervaardigheid en ootmoed.Kronkelpad na Vergenoeg speel ook af in die Oos-Vrystaat waarheen die internasionale konsertpianis, Tessa, kom om haar mense te besoek. Maar onvoorsiene omstandighede trek haar baie diep in hierdie kring in. Daar is dr. Marcel Malan uit haar kinderjare, en ook Aldwin en Stephan, die twee alleenloper-dominees van die Noord- en Suidgemeentes.Sy vind uit dat die lewe nie net uit ekstatiese hoogtepunte bestaan nie maar hom veral tussen die mure van ’n huis afspeel. En sy moet ’n keuse maak . . .In Sonder Winter is dr. Karen Marais ’n vrou wat liefde geken en weer verloor het. En dan een skrikwekkende middag terwyl sy op pad terug is Oos-Vrystaat toe, kry sy die kans om daardie liefde te herwin. Maar kan sy Bernard Cilliers ooit weer vertrou? Die groot vraag wat Karen kwel, is of sy durf regmaak wat sy vier jaar gelede verbrou het.
€12.99
Modalità di pagamento
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 416 ● ISBN 9780798157896 ● Dimensione 0.6 MB ● Casa editrice Human & Rousseau ● Pubblicato 2006 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4753998 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

257.183 Ebook in questa categoria