Lente d'ingrandimento
Search Loader

Helene de Kock 
Somersneeu 

Supporto
Hoe lank neem dit om die lewe baas te raak? So wonder Rouke Bruwer meermale. Hy en sy boesemvriende, die neefs Robert en Brett van Coller, takel die lewe elk op ’n eiesoortige manier. Vars uit matriek, is die uitdagings legio. Die vroue in hul lewe, die passievolle, byna magiese Karina Kirstein en die skone Julia, vind saam met hulle uit dat die lewe tegelyk wonderbaarlik soet en bitterlik kompleks is.

Deur die jare worstel hulle, en veral Rouke, ook met die pynlike vraag: Kan mens, as jy ver weggegaan het, ooit weer terugkom? Daarby mors Afrika dikwels met van sy mooiste kinders . . .

’n Meesleurende sage wat veel sê oor die kompleksiteit van die liefde.
€13.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Helene de Kock het as NG-pastoriedogter aan die Rand grootgeword. Deesdae woon sy in Pretoria waar sy o.m. liefdesverhale skryf, asook geestelike lektuur. Haar romans Abel se dogters en Dieper water is in onderskeidelik 2003 en 2007 deur Human & Rousseau gepubliseer en baie positief deur resensente ontvang
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 509 ● ISBN 9780798165778 ● Dimensione 1.1 MB ● Casa editrice Human & Rousseau ● Pubblicato 2014 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4743240 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

699.325 Ebook in questa categoria