Lente d'ingrandimento
Search Loader

Marga Jonker 
Brigadier en die raaiselponie 

Supporto
Zahn se ouers is geskei toe sy en haar suster nog klein was, en haar pa het onlangs weer by hulle doen en late betrokke geraak. Hulle gaan vir die skoolvakansie kuier op ’n vakansieplaas in die Harkerville-woud, naby Plettenbergbaai, sodat hulle haar pa en sy nuwe vriendin, ’n juweliersware-ontwerper, beter kan leer ken. Die huis is spesiaal so gekies dat Zahn se perd, Brigadier, kon saamkom: Daar is stalle en ander perde en roetes vir uitritte in die bos in die omgewing. Sommer gou ontmoet Zahn twee plaaslike seuns wat haar saamnooi op ’n uitrit. Maar die oggend van die uitrit is dit mistig en reënerig, en Brigadier, wat die ooptes van Melkbosstrand gewoond is, is onrustig. Verder spook Sibella, die holistiese geneser wat in ’n kothuis op die plaas bly, se sydelingse opmerking oor naglopers ook nog by Zahn. Dit word ’n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en ’n uitgebreide laslapgesin mekaar weer probeer vind.
€6.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig Slegs Bekendes opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 144 ● ISBN 9780624068310 ● Dimensione 1.7 MB ● Età 17-12 anni ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2014 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4534713 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

55.644 Ebook in questa categoria