Kanta pembesar
Cari Loader

Braam van Wyk & Piet van Wyk 
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika 

Sokongan
Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in ’n streek soos suider-Afrika met ’n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog ’n paar honderd meer wat uit ander dele van die wêreld afkomstig is. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika bevorder ’n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Die boek is in twee dele verdeel: Deel Een, goed toegelig met kleurillustrasies en foto’s, beskryf die verskillende dele van ’n boom en hul rol by identifikasie. Deel Twee bevat ’n sleutel tot 43 boomgroepe gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Daar is gevind dat dit vir die leek nuttiger is om groepe te herken eerder as die formele plantkundige families wat dikwels gebruik word. Die gebruik van ’n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om ’n begrip van die verskeidenheid bome te vorm.
€13.05
cara bayaran
Bahasa Afrikaans ● Format PDF ● Halaman-halaman 184 ● ISBN 9781775842606 ● Penerbit Penguin Random House South Africa ● Diterbitkan 2014 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 5760317 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

4,410,784 Ebooks dalam kategori ini