Kanta pembesar
Cari Loader

Jeske Wellmann & Adéle van der Merwe 
Eet gesond, voel goed 
Beveg kanker met voeding

Sokongan
“Praktiese advies oor wat en hoe om te eet as jy kanker het … ’n bruikbare, verstaanbare gids.”
– Megan Pentz-Kluits, dieetkundige konsultant vir KANSA. Deur reg te eet kan kankerlyers hul immuunstelsel versterk – en beter voel. Twee van Suid-Afrika se voorste kundiges wys in dié boek hoe mense met kanker, hul versorgers en hul families kanker met die regte kos kan bestuur. Met hope resepte, goed verpakte inligting en pasgemaakte maaltydplanne is hierdie boek veel meer as bloot ʼn resepteboek. Dit onderskei tussen die verskillende soorte kanker en gee oplossings vir die spesifieke voedingsprobleme wat gepaardgaan met verskillende behandelings, dit gee raad vir die bestuur van die newe-effekte van kankerterapie, soos ʼn droë mond of naarheid wat dit soms moeilik maak om behoorlik te eet. Die geregte is maklik om te maak en kan aangepas word vir verskillende kosvoorkeure en elke resep sluit dieetkundige wenke in sodat dit volgens die individu se behoeftes aangepas kan word. Hierdie boek help mense met kanker om voor, tydens en ná hul behandeling beter te eet en te voel.
€15.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Adéle van der Merwe en Jeske Wellmann is albei geregistreerde dieetkundiges met meer as 20 jaar ervaring. Hulle het al verskeie boeke oor voeding op hul kerfstok en bied gereeld praatjies aan oor optimale voeding.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 216 ● ISBN 9780624071556 ● Saiz fail 12.6 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2015 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 4631763 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

669 Ebooks dalam kategori ini