Kanta pembesar
Cari Loader

Peter Alkema 
Houtwerk vir almal 

Sokongan
Houtwerk vir almal sal jou inspireer om praktiese, stylvolle meubels vir jou huis te skep. Hierdie omvattende en kreatiewe boek is ideaal vir die koffietafel of die werkwinkel en bevat 13 projekte wat jou naweke in gesinstyd propvol pret sal omskep! Leer die basiese tegnieke van houtwerk en maak iets nuttigs waarop jy sal trots wees. Elke hoofstuk is propvol foto’s en illustrasies, asook die agtergrond tot die projek en ’n lys materiaal en gereedskap wat jy nodig het. Die aanwysings is duidelik en maklik om te volg. Daar is ook wenke wat jou sal help om tyd te spaar. Die ‘Gereedskap en tegnieke’-afdeling voorsien jou met praktiese insig oor houtwerk en gereedskap voordat jy jou eerste projek aanpak. Maak ’n speelgoedkis of staantrap as eerste projek binne ’n paar uur! Voltooi die rakke in die babakamer voordat die kleinding kom of maak ’n bed voordat die krip te klein raak. Omskep jou tuin met ’n stewige bankie in ’n skadukol of skep ’n splinternuwe speel-area met die Wendy-huis. Jy kan selfs jou eie werkbank bou as jy spasie vir jou gereedskap benodig!
€10.68
cara bayaran
Bahasa Afrikaans ● Format PDF ● Halaman-halaman 160 ● ISBN 9781432304324 ● Penerbit Penguin Random House South Africa ● Diterbitkan 2014 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 5704505 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

4,410,784 Ebooks dalam kategori ini

Tiada keputusan