Kanta pembesar
Cari Loader

Stephan Joubert 
Kry styl – Jesus s’n! 

Sokongan
Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort ‘n nuwe styl – Jesus s’n. Bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 plaaslike en internasionale boeke, daag ons met hierdie boek uit om anders te dink – en te doen.
€9.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Stephan Joubert is ‘n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ‘n gesinsman. Hy is hoof van ekerk, ‘n virtuele geloofsgemeenskap wat mense regoor die wêreld deur digitale bediening bereik. Hy is ook ‘n buitengewone professor by verskeie universiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG! Die Boodskap, ‘n eietydse vertaling van die Bybel saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan is die skrywer van talle boeke, onder meer Jesus: ‘n Radikale sprong, wat in 2010 met die Andrew Murray-prys bekroon is. Hy het al meer as 55 titels uitgegee.
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 240 ● ISBN 9780796321640 ● Saiz fail 0.3 MB ● Penerbit Lux Verbi ● Diterbitkan 2019 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 7010772 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

118,305 Ebooks dalam kategori ini