Magnifying Glass
Search Loader

Natalie Knox 
Die Reis van die Dapper Hart 
‘n Egskeidingshandboek vir kinders

Support

Sedert die egskeiding voel Liaan asof sy lewe buite beheer is. Hy haat dit. Hy is vies daaroor dat hy sy hond moet weg gee en dat hy moet trek. Hy is konstant kwaad. Hy voel gereeld hartseer en sukkel om na sy ou, gelukkige self terug te keer. Stilletjies wonder hy of die egskeiding nie dalk sy skuld was nie. Hy sukkel ook met die realiteit van ‘n gemengde gesin nou dat sy pa weer trou.

Emma voel onseker en alleen. Sy vrees baie dinge, onder andere dat haar ma hulle ook sal verlaat. Wanneer haar ma ‘n nuwe kêrel aan hulle voorstel, voel sy oorweldig deur al die veranderinge.

Deur betekenisvolle gesprekke met betroubare volwassenes en geestelike waarhede vanuit die Bybel, begin Liaan en Emma aan te pas by die veranderinge wat die egskeiding meebring. Ten midde van trane en lag, vind hulle hoop, veerkragtigheid en aanvaardig in hierdie nuwe seisoen.

Die Reis van die Dapper Hart is geskryf vir kinders om oor hulle eie storie ten midde van ‘n egskeiding te besin. Die pret aktiwiteitsblaaie, wat van die internet gelaai kan word, skep vir elke kind ‘n veilige ruimte vir prosessering, probleemoplossing en refleksie op hul eie realiteit. Emosionele intelligensie word beklemtoon en die voorsiening van emosionele woordeskat laat die kind toe om die regte woorde te kies om hulself sinvol uit te druk. Deur ‘n sagte, geestelik boodskap, rus die boek ook die leser toe op ‘n dieper vlak.  

Gemik op kinders tussen 6 en 12 jaar en kan deur families, beraders, onderwysers en gemeenskapswerkers gebruik word.

ʼn Finalis in die 14de Jaarlikse VSA Indie-toekennings vir Uitmuntendheid.

€9.49
payment methods

Table of Content


  • Hy’s seker nie lief vir ons nie. Dis hoekom hy uitgetrek het

  • Die dag toe ek ontplof het

  • Ek is bang my mamma gaan ook weg

  • Ek voel so vreeslik hartseer

  • Dalk is dit my skuld dat hy weg is

  • Ek wil nie ʼn nuwe pappa hê nie

  • My stiefbroer bederf alles



  • About the author

    Marieta Mc Grath holds a Ph D in Molecular Biology from Stellenbosch University. From 2019 to 2021 she was the winner of several national Afrikaans poetry competitions. Her poems were included in several anthologies, literary journals and magazines. Her first children’s book, ‘Die groot kompetisie’, was published in 2021 (Naledi). She is also the translator of ‘Hoe om vervul te wees met die Heilige Gees’ (How to be filled with the Holy Spirit by AW Tozer).
    Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 65 ● ISBN 9781999349943 ● File size 6.3 MB ● Age 17-12 years ● Translator Marieta McGrath ● Publisher Poppy Seed Publishers Limited ● Published 2023 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 9086640 ● Copy protection Adobe DRM
    Requires a DRM capable ebook reader

    More ebooks from the same author(s) / Editor

    55,739 Ebooks in this category