“Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.” Drie liefdesverhale wat by mekaar aansluit: Man van kaliber is die verhaal van Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël. Maar watter een het werklik “kaliber”? In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet modelmooi wees of sy is niks in hul oë nie. Van kleins af stry sy teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het “mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword! Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Maar sy besef vinnig dat daar meer agter dié familie skuil as slegs ’n naam.
Over de auteur
Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n Ph D in skryfkuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 368 ● ISBN 9780798176446 ● Bestandsgrootte 0.5 MB ● Uitgeverij Human & Rousseau ● Gepubliceerd 2017 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 5448732 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer
Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor
257.183 E-boeken in deze categorie
Geen resultaten