Jaco Jacobs 
Zackie Mostert Omnibus 1 (boek 1-5) 

Ondersteuning
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom ”“ waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven ”“ en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie 2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee 3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen 4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar 5. Zackie Mostert en die spokerige storie
€8.57
Betalingsmethoden
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 216 ● ISBN 9780799391213 ● Uitgeverij LAPA Uitgewers ● Gepubliceerd 2018 ● Downloadbare 3 keer ● Valuta EUR ● ID 6557163 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

86.339 E-boeken in deze categorie