Szkło powiększające
Search Loader

Piekfyn Afrikaans Graad 11 Huistaal Onderwysersgids 

Wsparcie
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wêreld van multimediatekste betree – ons bied aan ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan.

Die leerdersboek en onderwysers is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur
• beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop
• te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer te laat plaasvind
• ’n wye verskeidenheid piekfyn tekssoorte aan te bied volgens die eietydse temas
• volledige onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
• ’n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel
• aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokument uit te speel vir die onderwyserslêer.

Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Kontak die Uitgewer indien u die CD-hulpbron benodig.
€11.99
Metody Płatności
Język Afrikaans ● Format PDF ● Strony 296 ● ISBN 9781775896838 ● Rozmiar pliku 15.4 MB ● Wiek 17-17 lat ● Wydawca Best Books ● Opublikowany 2014 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 4747707 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

11 080 Ebooki w tej kategorii