Lupa
Search Loader

Niël Barnard 
Geheime Revolusie 
Memoires van ‘n spioenbaas

Apoio
In die duister wêreld van spioene geld die gewone reëls nie. Alles is geoorloof in die naam van landsveiligheid – selfs om met die staat se Vyand No. 1 te praat. Dit is presies wat Niël Barnard in die laat 1980’s as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het. In opdrag van PW Botha het hy hoogs geheime gesprekke met Nelson Mandela begin voer. Nie eens die kabinet het geweet nie. In Geheime Revolusie lig Barnard vir die eerste keer die sluier oor dié tronkgesprekke – wat uiteindelik tot Mandela se vrylating en die eerste demokratiese verkiesing sou lei. Dit bied ‘n fassinerende blik op Mandela die mens en op sy politieke oortuigings. Die boek werp ook lig op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980’s. Barnard maak etlike onthullings: Van die gesprekskanaal wat NI met die Russiese KGB geskep het en die Britse spioene wat op ons kernwapenvermoë gespioeneer het (en vasgetrek is) tot ministers se eskapades in die buiteland.
€15.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Tobie Wiese is ‘n gesoute joernalis en skrywer. Hy was onder meer al nuusredakteur van Huisgenoot, adjunkredakteur van Insig en drie jaar lank lektor in die Joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch. In sy laaste jare by Media24 was hy ‘n bestuurder van die maatskappy se Joernalistieke Akademie.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 300 ● ISBN 9780624066156 ● Tamanho do arquivo 2.1 MB ● Editora Tafelberg ● Publicado 2015 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 4534569 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

113.320 Ebooks nesta categoria