Lupa
Search Loader

Piekfyn Afrikaans Graad 10 Huistaal Onderwysersgids 

Apoio
Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 10 het die wêreld van multimediatekste betree – ons bied aan ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas.

Die leerdersboek en onderwysers is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur
• beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ’n neutedop
• te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer te laat plaasvind
• ’n wye verskeidenheid piekfyn tekssoorte aan te bied volgens die eietydse temas
• volledige onderrigplanne vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
• ’n formele assesseringsprogram vir graad 10, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel
• die onderrig van visuele geletterdheid en filmstudie maklik te maak aan die hand van ’n TV-sepie, Stories van Mandela-rylaan, wat spesiaal vir Piekfyn Afrikaans verfilm is en op die DVD beskikbaar gestel word vir klaskamergebruik
• aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokument uit te speel vir die onderwyserslêer.

Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Kontak die Uitgewer indien u die CD-hulpbron benodig.
€10.99
Métodos de Pagamento
Língua Afrikaans ● Formato PDF ● Páginas 239 ● ISBN 9781775896821 ● Tamanho do arquivo 20.7 MB ● Idade 17-16 anos ● Editora Best Books ● Publicado 2014 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 4757904 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

11.150 Ebooks nesta categoria