Lupa
Search Loader

Tinus Horn 
Boas Mei is verward 

Apoio
Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wêreld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: wat die probleem in sy kop is. Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys ná hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dít help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. ’n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie. Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.
€10.05
Métodos de Pagamento
Língua Afrikaans ● Formato PDF ● Páginas 184 ● ISBN 9781415206638 ● Editora Penguin Random House South Africa ● Publicado 2015 ● Carregável 3 vezes ● Moeda EUR ● ID 4312041 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

4.417.607 Ebooks nesta categoria