Lupă
Încărcător de căutare

Helene De Kock 
Helene de Kock Keur 1 

Ajutor
“Want die liefde wonder nie – dit wéét.” Die soete dwaling: Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen van die skimmelson: Madel studeer sang in Beiere en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ’n afgrond kan stuur. Anderkant die vloedwaters: Dr. Bernard Linde voel hy benodig standvastigheid: Die tyd het aangebreek om ’n vrou te vind. Een stormnag laai hy ’n vreemde vrou op – en net so skielik verdwyn sy. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.’n Vrou vir Ver-en-Naby: Laura Krause wonder wát sy moet doen om uit haar moeilike huwelik met Simon te ontsnap. Sy het nie antwoorde nie, en vat die pad. Hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie? Miskien lê die antwoord by ’n onverwagse afdraai en ’n koppie tee op Clarens.
€12.99
Metode de plata

Despre autor

Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteit van Pretoria tale studeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Haar eerste kortverhaal is tydens haar tweede jaar op universiteit gepubliseer. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 376 ● ISBN 9780798176071 ● Mărime fișier 0.6 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2017 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 5205498 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

699.325 Ebooks din această categorie