Lupă
Încărcător de căutare

Helene de Kock 
Helene de Kock Omnibus 7 

Ajutor
‘Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar sy het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n óú bekende, en tog ook ’n wildvreemde.
In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ’n rustyd.
Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie …
€12.99
Metode de plata

Despre autor

Helene de Kock is ’n baie bekende en gewilde skrywer van veral liefdesromans. Sy woon in Pretoria. Daar het reeds 12 omnibusse van haar liefdesverhale verskyn. Haar roman, Abel se dogters, het binne enkele maande uitverkoop en moes herdruk word. Sy het ook sedertdien twee langer romans gepubliseer: Dieper water en Somersneeu.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 416 ● ISBN 9780798165402 ● Mărime fișier 2.6 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2013 ● Ediție 2 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4743231 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

257.183 Ebooks din această categorie