лупа
Search Loader

Christine Le Roux 
Christine le Roux Omnibus 8 

поддержка
Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack ’n les leer wanneer hy nie kans sien vir ’n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack jaloers te maak. “Jy speel met vuur, ” waarsku haar vriendin, en inderdaad, onvoorsiene dinge gebeur en veroorsaak dat Nicolette later nie meer seker is of sy haar eie hart ken nie. Die uitkenningsparade: Wanneer Karlien vir Steven Joubert by ’n partytjie ontmoet en hoor dat hy graag wil trou, bied sy aan om hom te help vrou soek. Buitendien het Neil, haar verloofde wat in die Midde-Ooste werk, voorgestel dat sy ’n projek kry om haar mee besig te hou terwyl hy weg is. Sy het egter min sukses met die vrousoek-“projek” en intussen begin sy al hoe meer bedenkinge kry oor haar en Neil se trouplanne. Verlore dekade: Op ’n dag kruis Alexandra Nel se paaie weer met dié van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet. Sy het nie geweet hy is weer terug uit die buiteland nie, en die skanse wat sy om haar hart gebou het, begin stadig verkrummel. Maar daar is die ernstige siekte van haar vriend Louis, en buitendien, Ryno dra ’n trouring.
€11.99
Способы оплаты

Об авторе

Christine le Roux was ʼn skuilnaam van Eleanor Baker. Eleanor se eerste roman, Wêreld sonder einde, verskyn in 1972. Tydens haar loopbaan het sy 15 romans, twee draaiboeke en verskeie jeugboeke geskryf. Die kwart-voor-sewe-lelie is in 1991 vir die Old Mutual-prys vir letterkunde benoem, terwyl Verbeelde werklikheid in 1996 op die kortlys was vir die M-Net-boekprys. Sy is op 1 Julie 2002 op 57-jarige ouderdom oorlede. Haar laaste boek, Die ander Marta, het in Oktober 2002 verskyn.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 480 ● ISBN 9780798172448 ● Размер файла 0.7 MB ● издатель Human & Rousseau ● опубликованный 2016 ● Издание 1 ● Загружаемые 24 месяцы ● валюта EUR ● Код товара 4881094 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

702 470 Электронные книги в этой категории