Büyüteç
Arama Yükleyici

Fransi Phillips 
Die donker god 

Destek
Die donker god se naam is Alex. Hy verdra geen ander voor sy aangesig nie. Pippa is sy swakheid. Oor haar, skaars negetien, buig hy hom. Sy greep op haar is een van liefde, wellus en geweld. Van die eerste keer af, toe hy haar uit ? donderstorm red, haar uittrek en afdroog, het Pippa teen hierdie onheilspellende man geen verweer nie. Haar vrees vir hom wek ook haar begeerte na hom op. Sy hardhandigheid en sy teerheid verwar haar en lok haar aan. Die pyn wat haar aandoen, word ? geheim tussen hulle, intiem en onsêbaar. Hy bring haar na sy vesting. Omring van boeke, Persiese tapyte, Afrika-maskers en musiek verlei hy haar keer op keer onder sy oorheersing in. Hy dring haar siel en haar verstand ewe veel as haar liggaam binne, Hy gee haar diamante, ? apie om mee te speel en later ook ? kind. Maar hy hou Pippa gevange, beide in sy huis en in sy vrees. Dus hulle musikaal begaafde dogtertjie wat haar vader se kinderangste op die spits dryf, en die huis tussen die bome word ? wêreld anderkant elke wet van God en mens, waar ontsnapping net deur ondenkbare optrede moontlik is. Hierdie vyfde roman deur Fransi Phillips sleur die leser op ? byna hipnotiese manier mee na ? sfeer gelaai van erotiek en spanning, van skoonheid en wreedheid, soos selfde tevore in die Afrikaanse romankuns.
€4.37
Ödeme metodları
Dil Afrikaans ● Biçim PDF ● Sayfalar 192 ● ISBN 9781415203668 ● Yayımcı Penguin Random House South Africa ● Yayınlanan 2011 ● İndirilebilir 6 kez ● Döviz EUR ● Kimlik 5695450 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

4.403.281 Bu kategorideki e-kitaplar