Büyüteç
Arama Yükleyici

Helena Hugo 
Helena Hugo Tweede Keur 

Destek
In Liefde met gevoel sit laerskoolonderwyser Magriet in ’n penarie. Sy’t gedink Walter is die een, maar na ’n seevakansie by sy ouerhuis, is dit duidelik dat hulle nie vir mekaar bedoel is nie. Maar hoe raak sy van hom ontslae? Boonop moet Magriet weens ’n besering fisioterapie kry. Haar terapeut, Pierre, is die mooiste man wat sy nog ooit gesien het. Paulie Hopkins moet haar doktorsgraad afhandel in Veldpad van verlange. Daar lê vir haar drie weke se veldwerk op ’n plaas in die Vrystaat voor. Haar verloofde, Lüther, gaan saam, al is hy nie juis ’n buitelugman nie. Maar gelukkig is haar assistent die bekwame Andreas Bergh. Natika, sy modelmeisie, voltooi die span veldwerkers oor wie Paulie ernstige bedenkinge het. Soos sy verwag het, is daar van die eerste dag af haakplekke.
€11.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 448 ● ISBN 9780624088004 ● Dosya boyutu 0.4 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2019 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 7127331 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

699.325 Bu kategorideki e-kitaplar