Gerrit Rautenbach 
Hartepad 

Підтримка
Watter soort pad is ’n hartepad? Is dit bloot ’n pad van die hart? Of het dit iets met die ware hardepad te doen? Dis ’n mengsel van albei, want reis is blootstellend. Jy ervaar die ongerief (Paul Theroux het gesê “travel is glamorous only in retrospect”), maar wanneer jy terugkom, onthou jy net die uniekheid, die mooi en betekenisvolheid van dit wat jy ervaar het. Elke verhaal in hierdie bundel is ’n reisstorie, maar vat jou nie net na mooi plekke toe nie – dit neem jou op ’n emosionele reis ook. ’n Tipe reis na bínne. Daar’s baie onthou van kleintyd se dinge, maar daar is ook stories wat ’n lagreis word sonder om ’n grap te vertel. Dit gaan nie soseer oor die liefde nie, maar beslis oor die liefde vir reis. Vir ervaar en vir die raaksien van die dieper betekenis van reis. Van jouself blootstel aan die vreemde en altyd op die uitkyk wees vir ’n storie wat besig is om rondom jou af te speel. Want elke reis word ’n storie om oor te vertel. Van Hangklip se hotel regdeur Afrika tot in Mama se kombuis in Napels.
€13.99
методи оплати

Про автора

Gerrit Rautenbach is ’n onrustige reisiger, reisskrywer en fotograaf wat al op vreemde plekke geslaap het. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy het al meer as twintig reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit om oor die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië te berig.

Hy het die heel eerste Suider-Afrikaanse Avontuurgids saamgestel, was die stigtersredakteur van Mooiloop, het ’n aanvallende boerbok in Malawi ore aangesit en op ’n keer het ’n olifant sy lemoene uit sy daktent gevreet. Terwyl hy besig was om ’n storie te skryf. In die tent. Deesdae bly Gerrit saam met sy geliefde KTM-motorfiets in Stellenbosch. Soms . . .

Sy kortverhaalbundel Kopreis het in 2011 verskyn.
Придбайте цю електронну книгу та отримайте ще 1 БЕЗКОШТОВНО!
Мова Африкаанс ● Формат EPUB ● Сторінки 160 ● ISBN 9780795800665 ● Розмір файлу 0.5 MB ● Видавець Queillerie ● Опубліковано 2013 ● Видання 1 ● Завантажувані 24 місяців ● Валюта EUR ● Посвідчення особи 5205464 ● Захист від копіювання Adobe DRM
Потрібен читач електронних книг, що підтримує DRM

Більше електронних книг того самого автора / Редактор

695 451 Електронні книги в цій категорі