Збільшувальне скло
Пошук навантажувача

Julian Müller 
Om te mag twyfel 
‘n Gelowige se reis

Підтримка
‘Ek skryf die boek vir mense soos ek, mense vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wie beslis nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie . . .’

Met dié woorde skop die teoloog Julian Müller die verhaal van sy geloofsreis af. Sy sketse van die plaasseun wat dominee geword het, roep dadelik ‘n bekende Afrikaanse leefwêreld op. Sy reis hou vir hom vele ontnugterings in, maar ook belangrike insigte wat sy geloof verdiep. As jong predikant vra hy kritiese vrae oor die kerk se rol in apartheid en spreek hom uit teen Christelike nasionalisme. Soos wat hy op sy pad van geestelike groei vorder, word hy gekonfronteer met verskeie netelige geloofskwessies soos die evolusieleer en hoe verskillende Godsbeskouings ons geloof beïnvloed.

Müller beywer hom vandag vir ‘n soort Christenskap waar die gelowige toegelaat word om vrae te vra en ‘buite die boks’ te glo.
€12.99
методи оплати

Про автора

Julian Müller is ‘n professor in teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy het al verskeie boeke op sy kerfstok, waaronder Opstanding wat in 2006 groot debat in die Afrikaanse media ontlok het.

Om te mag twyfel was in 2012 op die kortlys van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir Christelike/teologies publikasies. Müller het in die negentigerjare die Andrew Murray-prys vir Christelike literatuur ontvang vir sy boek Die erediens as fees. Hy lewer steeds pastorale dienste en bied kursusse aan in gesinsterapie.
Мова Африкаанс ● Формат EPUB ● Сторінки 194 ● ISBN 9780624058502 ● Розмір файлу 0.5 MB ● Видавець Tafelberg ● Опубліковано 2013 ● Видання 1 ● Завантажувані 24 місяців ● Валюта EUR ● Посвідчення особи 4534224 ● Захист від копіювання Adobe DRM
Потрібен читач електронних книг, що підтримує DRM

Більше електронних книг того самого автора / Редактор

118 492 Електронні книги в цій категорі