Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Deon Meyer 
Jagveld 

Ủng hộ
Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel: Jakhalsdans: Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in ’n stuurs kluisenaar. Die laaste tango: Ná hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp. Die ballade van Robbie de Wee: Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lááste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong meisie om alles weer in duie te laat stort. Jagveld: Die gewetenlose Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . En word sy hier in die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . .
€15.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015 en Koors, 2016). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 416 ● ISBN 9780798175715 ● Kích thước tập tin 1.0 MB ● Nhà xuất bản Human & Rousseau ● Được phát hành 2017 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5205496 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

20.924 Ebooks trong thể loại này