Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Helena Hugo 
‘n Tuin vir Tessa 

Ủng hộ
Tessa Heyns het die perfekte lewe; haar man Altus se besighede doen goed en haar seuns is goeie kinders. Sy woon in ‘n pragtige huis in ‘n spogbuurt. Tessa het van kleins af tuin gemaak – ‘n groentetuin onder die wakende oog van haar pa, ‘n roostuin met die hulp van ‘n kundige ontwerper, en ‘n Kaapse tuin wat die seewinde kan trotseer. Haar tuin is haar stukkie hemel, haar skuilplek, die plek waar sy troos soek en kry. Die laaste tyd begin Altus se stiltes haar pla. Wie of wat sit daaragter? En beteken dit dat sy haar tuin sal moet prysgee?
€9.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en – vervolgverhale. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met ‘n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 240 ● ISBN 9780796321091 ● Kích thước tập tin 0.4 MB ● Nhà xuất bản Lux Verbi ● Được phát hành 2018 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 6542028 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

699.325 Ebooks trong thể loại này