Koos Kombuis 
Ver in die wêreld, sushi! 

Ủng hộ
Koos Kombuis se veelsydigheid ken geen perke nie. In ’n loopbaan van meer as drie dekades het die gewilde en dikwels omstrede kopdoekdraer hom gevestig as skrywer en sanger wie se invloed ver strek. Terselfdertyd het hy hom onderskei as sosiale en politieke kommentator van formaat. Ver in die wêreld, sushi! is Kombuis se vyfde rubrieke bundel en bevat opiniestukke wat verskyn het in gedrukte en aanlyn-publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot, Distrikspos, Lit Net en Netwerk24. Met sy kenmerkende satiriese blik spreek Kombuis hom uit oor ’n verskeidenheid onderwerpe: die stommiteite van politici, streke van kinders in openbare plekke, die misterie wat instellings soos die Poskantoor en munisipaliteite aan die gang hou, roeringe in die Afrikaanse musiekbedryf, sensitiwiteite tussen geslagte en gendergroeperinge, die pêrels van wysheid wat haarkapsters in ’n kliënt se skoot laat val … Maar die bundel re ekteer veel meer as net ’n sardoniese humorsin wat help om gewigtige kwessies in perspektief te stel. Wanneer Koos Kombuis terugkyk oor sy roemryke loopbaan en sin probeer maak van verlies en dood, voer hy lesers mee na streke van die gees wat selde deurgrond word. Ver in die wêreld, sushi! is ’n heildronk op die insigte van ’n uitsonderlike stem in Afrikaans.
€9.39
phương thức thanh toán
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng PDF ● Trang 208 ● ISBN 9781770228832 ● Nhà xuất bản Penguin Random House South Africa ● Được phát hành 2015 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4452075 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

4.316.907 Ebooks trong thể loại này