Leopold Scholtz 
Terreur en Bevryding 
Die ANC/SAKP, die Kommunisme en geweld (1961-1990)

Ủng hộ
Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik ‘n eeu terug begin delf. ‘n Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz.
In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van ‘n beoogde revolusie in twee fases: ‘n nasionaal demokratiese revolusie – ‘n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid – gevolg deur ‘n Marxisties-Leninistiese ‘diktatuur van die proletariaat’. Volgens Scholtz sou dit ‘n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.
Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was.
Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur ‘n deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur ‘n voortsetting is van ‘n kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.
€13.49
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

DR. LEOPOLD SCHOLTZ is ’n oudjoernalis en die skrywer van nege boeke, waaronder die gewilde Ratels aan die Lomba, Die SAW in die Grensoorlog en Die SAW en Cuito Cuanavale.
Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld analises oor die internasionale politiek en aktuele sake.
Hy is tans ’n navorsings-genoot aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 336 ● ISBN 9781776191680 ● Kích thước tập tin 0.5 MB ● Nhà xuất bản Jonathan Ball ● Thành phố London ● Quốc gia GB ● Được phát hành 2022 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 8321294 ● Sao chép bảo vệ DRM xã hội

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

110.978 Ebooks trong thể loại này