Suider-Afrika is die tuiste van ’n rykdom soogdiersoorte, wat in ’n wye verskeidenheid habitats leef. Hierdie bondige boekie is die ideale sakgids om soogdiere in die streek mee uit te ken. Dis maklik om te gebruik en dek – in verbasende besonderhede – sowat 120 soogdiere, van die kleinste soogdiere (soos vlermuise, klaasneuse en skeerbekmuise) tot die grootste (soos olifante, leeus en renosters) en sluit ook seediersoorte in (soos robbe, dolfyne en walvisse). Met betroubare en kleurvolle illustrasies, bied hierdie gids beknopte inligting oor sleutel-identifiseringswenke, soortgelyke spesies, habitat, gedrag, dieet, dieregeluide, voortplanting, lewensduur, verspreiding en grootte. Duidelike afbeeldings van elke dier, verspreidingskaarte, silhoue‘tte wat diere se relatiewe grootte in verhouding tot die mens aandui en illustrasies van spore en mis, maak hierdie ’n noodsaaklike gids vir sowel toeriste as natuurliefhebbers.
语言 南非荷兰语 ● 格式 PDF ● 网页 160 ● ISBN 9781431701636 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2011 ● 下载 6 时 ● 货币 EUR ● ID 5704415 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器