放大镜
搜索加载器

François Bloemhof 
Pad na jou hart 

支持
Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.
Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.
€14.99
支付方式

关于作者

Die aktrise en model DONNALEE ROBERTS is bekend vir haar rol as Annelie van Heerden in 7de Laan. Sy het in 2013 die hoofrol van Cybil Ferreira in die film Klein Karoo vertolk. Donnalee is medeskrywer
en -vervaardiger van Pad na jou hart en speel die vroulike hoofrol (Amory). Sy is ook mede-eienaar van die maatskappy Memory Box Productions. In 2006 is sy aangewys as die Universiteit van Pretoria se Joolkoningin en Mej. Kampus Suid-Afrika, en het sy die Universiteit van Pretoria by die Wêreld Mej. Universiteit in Suid-Korea verteenwoordig, waar sy as International Goodwill Ambassador aangewys is. Sy het in dieselfde jaar aan die Universiteit van Pretoria haar BA Drama-graad ontvang en nog twee jaar aan die Performing Arts and Lifestyle Institute-filmskool in Pretoria studeer, waar sy hoofrolle in verskeie studentefilms vertolk het. In 2012 het sy aan die bekende New York Film Academy ’n diploma in filmtoneelspel ontvang. Sy is tans ’n ambassadeur vir die kinderliefdadigheidsorganisasie Help-Net asook Toys for Africa, en is ook betrokke by verskeie ander Suid- Afrikaanse liefdadigheidsorganisasies.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● ISBN 9780624065777 ● 文件大小 4.3 MB ● 出版者 Queillerie ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5203990 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

257,870 此类电子书

没结果