放大镜
搜索加载器

Kerneels Breytenbach 
Piekniek by Hangklip 

支持
Joshua Gumbo, ‘n lid van die Lucky Thirteen-sindikaat in Johannesburg, skiet Sonja Griessel se ouers per abuis wanneer hy Sonja se 4×4 probeer kaap. In die proses struikel sy uit die voertuig en plant ‘n soen op haar kaper se mond. Die dood van haar ouers traumatiseer Sonja dermate dat sy al haar besittings oppak en padgee na die Kaap, waar sy haar voete weer wil vind. Joshua, wat glo dat die soen hom van sy mojo beroof het, vat haar spoor. Hy probeer sy tanende mojo aanvul deur die moord op meer as 34 mense wat hy van geen kant af ken nie. Bedags die toonbeeld van eerbaarheid, saans die bringer van die dood. Sonja vestig haar in Pringlebaai, waar sy met die hulp van ‘n baie beroemde decon-argitek vir haar ‘n nuwe huis in Bettysbaai beplan. Tussendeur maak sy kennis met onbetroubare prokureurs, eiendomsagente, boukontrakteurs, vertrouenswendelaars, charismatiese kerkleiers, swartbemagtigingsaktiviste en ’n Afrikaanse literêre biograaf.Deur die reinste van toevalle spoor Joshua eindelik vir Sonja op, en hul paaie is bestem om vir oulaas te kruis – by die geselligheid waaraan die boek sy titel te danke het.Kerneels Breytenbach se eerste roman in agtien jaar, iets wat hy beskryf as “’n speurverhaal sonder ’n speurder”, is ’n stilistiese kragtoer wat lesers lank sal bybly.
€15.99
支付方式
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 480 ● ISBN 9780798158886 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4743129 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

107,750 此类电子书