放大镜
搜索加载器

Marga Jonker 
Gabriella en die hertog van harte 

支持
Gabi kan haar diepste geheime in Donnabelle se rooibruin perde-ore fluister. Wanneer sy met Donnabelle praat, voel dit of haar ma nog hier op die plaas by haar is. Maar die jare toe haar ma en die sportperd internasionale ruiterkunskompetisies gewen het, is nou vergete. Donnabelle is twintig jaar oud en afgetree. Dit is waarom Gabi so graag haar twee vullens wil opspoor – om iets van haar ma op hulle stoetplaas lewend te hou. Die soektog lei haar na ’n landbouskool in die Kaap . . . Maar kan ’n Bolandse perdefluisteraar ’n plaasmeisie van Namibië iets oor perde leer?
€6.99
支付方式

关于作者

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig Slegs Bekendes opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 128 ● ISBN 9780624073130 ● 文件大小 0.4 MB ● 年龄 17-12 年份 ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2015 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4535139 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

55,458 此类电子书