放大镜
搜索加载器

Willie Esterhuyse 
Eindstryd 

支持
Die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ‘n paar uitgesoekte Afrikaners in die onstuimige tagtigerjare, vir die eerste keer vertel deur iemand wat self daar was: Willie Esterhuyse. Dié vertroulike gesprekke in Engeland was nie net deurslaggewend in die begin van onderhandelinge en die uiteindelike oorgang nie; dit was ook die begin van ‘n onwaarskynlike, maar durende, vriendskap tussen ‘n Stellenbosse professor met ‘n Broederbond-agtergrond en ‘n vurige jong aktivis en latere President.  Merkwaardige anekdotes en ‘n persoonlike aanslag gee ‘n vars, soms onthutsende blik op bekende Suid-Afrikaanse leiers. Daar is ook fassinerende inligting oor geheime tronkgesprekke met Nelson Mandela, strategië vanuit PW Botha se situasiekamer, en hoe die Intelligensiediens die land van grootskaalse geweld probeer ‘red’ het deur in die skaakspel tussen die partye in te gryp. Die skrywer gee ‘n verantwoorde uiteensetting van die metode van nie-amptelike ontmoetings, waar leiers nie hul onverbiddelike openbare standpunte hoef te handhaaf nie. Hy sluit af met ‘n uitgesproke en reguit analise van die stand van die Suid-Afrikaanse staat vandag.
€15.99
支付方式
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 304 ● ISBN 9780624058137 ● 文件大小 0.6 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2012 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4534185 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

9,801 此类电子书