Lupă
Încărcător de căutare

Helene de Kock 
Helene de Kock Omnibus 6 

Ajutor
‘Hierdie drie verhale wat bymekaar aansluit, sal groot plesier aan al Helene de Kock se baie lesers verskaf, en bevestig opnuut haar fyn vermoë om ingewikkelde persoonlike verhoudings oop te skryf.

Man van kaliber is die verhaal van professor Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël, en leer ook vir Loek de Jager ken, ’n man met vele fasette. Maar watter een het werklik “kaliber”?

In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet mos modelmooi wees, of sy is niks in hul oë nie.Van kleins af stry sy – met haar groot gebeente en wilde bos hare – teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het ”mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword!

Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Tog besef sy uiteindelik: hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil.
€12.99
Metode de plata

Despre autor

Helene de Kock is ’n baie bekende en gewilde skrywer van veral liefdesromans. Sy woon in Pretoria. Daar het reeds 12 omnibusse van haar liefdesverhale verskyn. Haar roman, Abel se dogters, het binne enkele maande uitverkoop en moes herdruk word. Sy het ook sedertdien twee langer romans gepubliseer: Dieper water en Somersneeu.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 368 ● ISBN 9780798164832 ● Mărime fișier 3.3 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2013 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4743213 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

257.183 Ebooks din această categorie

Fara rezultate