лупа
Search Loader

Helene de Kock 
Helene de Kock Omnibus 6 

поддержка
‘Hierdie drie verhale wat bymekaar aansluit, sal groot plesier aan al Helene de Kock se baie lesers verskaf, en bevestig opnuut haar fyn vermoë om ingewikkelde persoonlike verhoudings oop te skryf.

Man van kaliber is die verhaal van professor Jessica en haar uiteindelike ontdekking dat ’n mens se onvolmaaktheid juis sy menslikheid openbaar. Sy ontmoet vir Karel en Kiewiet, sien weer haar ou liefde, Daniël, en leer ook vir Loek de Jager ken, ’n man met vele fasette. Maar watter een het werklik “kaliber”?

In Vrou van formaat is Danika vies vir mans: ’n vrou moet mos modelmooi wees, of sy is niks in hul oë nie.Van kleins af stry sy – met haar groot gebeente en wilde bos hare – teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het »mooi» vir haar finaal ’n vloekwoord geword!

Mense van faam gaan oor tweelingsusters. Debora, die koel advokaat, reken die Mynhards is net ’n klomp snobs. Die sprankelende Diana wil egter graag deel word van dié wynboer-clan, en Debora word teen haar wil ook ingetrek. Tog besef sy uiteindelik: hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil.
€12.99
Способы оплаты

Об авторе

Helene de Kock is ’n baie bekende en gewilde skrywer van veral liefdesromans. Sy woon in Pretoria. Daar het reeds 12 omnibusse van haar liefdesverhale verskyn. Haar roman, Abel se dogters, het binne enkele maande uitverkoop en moes herdruk word. Sy het ook sedertdien twee langer romans gepubliseer: Dieper water en Somersneeu.
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 368 ● ISBN 9780798164832 ● Размер файла 3.3 MB ● издатель Human & Rousseau ● опубликованный 2013 ● Издание 1 ● Загружаемые 24 месяцы ● валюта EUR ● Код товара 4743213 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

257 183 Электронные книги в этой категории