Förstoringsglas
Sök Loader

Bettie Naudé 
Saartjie se vakansie (#2) 

Stöd
Adobe DRM
Omslag till Bettie Naudé: Saartjie se vakansie (#2) (ePUB)
Dit reën baie gedurende die Desembervakansie en ons heldin en haar maats raak by ’n moddergeveg betrokke. Ongelukkig tref hulle die verkeerde teiken: Saartjie se ouer broer en sy meisie. Die volgende dag grimeer Die Drie Muskiete klein Muggie soos ’n hanswors, en doen dit só goed dat die dogtertjie se ma nie weet hoe sy haar ooit weer gaan skoonkry nie. Maar genoeg van kattekwaad. ’n Orkaan tref ’n arm Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ’n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. Sy kry hulle jammer en steek hulle tuis in haar speelkamer weg. Tot Saartjie se skok lees sy egter in die koerant dat die polisie oral na die kinders soek, want hul ouers dink hulle is ontvoer. Wanneer haar boetie hulle in die huis ontdek, dink hy hulle is inbrekers, maar Saartjie kom uit met die waarheid en haar pa bied aan om die kinders se ouers te help. Voor die einde van die vakansie neem Saartjie aan ’n radiovasvra deel en dring tot die eindrondte deur, maar sy moet haar kleinboet se hulp vra om die laaste strikvraag te kan beantwoord.
€6.49
Betalningsmetoder
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 120 ● ISBN 9780798154574 ● Filstorlek 0.2 MB ● Ålder 17-12 år ● Utgivare Human & Rousseau ● Publicerad 2011 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 2488517 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

55 420 E-böcker i denna kategori